Britt-Marie (Britt) Ekland (Stockholm, 6 Oktober 1942) is 'n Sweedse aktrise. Sy is veral bekend vir haar rolle in The Night They Raided Minsky's, Baxter!, The Double Man, Get Carter, The Wicker Man en The Man with the Golden Gun.

Kitsfeite Geboortenaam, Geboorte ...
Britt Ekland
Thumb
Britt Ekland in 1992 by haar huis in Chelsea, Londen

Geboortenaam Britt-Marie Ekland
Geboorte 6 Oktober 1942
Stockholm, Swede
Nasionaliteit Sweeds
Beroep(e) Aktrise
Internet-rolprentdatabasis-profiel
Sluit

Ekland is in Swede gebore, maar verhuis later na Engeland waar sy beroemd word vir haar huwelik met Peter Sellers in 1964. In 1965 kry hulle 'n dogter, Victoria. Hulle het drie rolprente gemaak voordat hulle in 1968 geskei is. Daarna het sy 'n aantal verhoudings met bekende figure gehad, soos Rod Stewart en Phil Lewis. In 1973 kry sy 'n seun, Nicholai van Lou Adler. Sy trou later 'n tweede keer met Slim Jim Phantom, by wie sy nog 'n seun, Thomas Jefferson (1988) kry.

Thumb
Ekland en Peter Sellers, 1964

Sy speel die rol van 'n blondine in die James Bond-film, The Man with the Golden Gun (1974). Sy het ook 'n oudisie gedoen om as 'n blondine in die eerste Bond-film, "Dr. No" (1962) te speel, maar die rol is uiteindelik aan Ursula Andress toegeken.

Ekland is fiksheid-bewus en skryf in 1984 'n boek oor die onderwerp. In 1992 het sy 'n video oor fiksheid gemaak.

Eksterne skakels

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.