Brits-Columbië of Brits-Kolumbië (Engels: British Columbia; Frans: Colombie-Britannique) is 'n provinsie aan die weskus van Kanada met 'n oppervlakte van 944 735 km².[1] Die provinsie het 4 402 931 inwoners. Sy hoofstad is Victoria, maar sy grootste stad en ekonomiese sentrum is Vancouver, wat ook die derde grootste stad in Kanada is.[2]

Meer inligting Colombie-BritanniqueBritish ColumbiaBrits-Columbië ...
Colombie-Britannique
British Columbia
Brits-Columbië
Thumb Thumb
(Vlag van Brits-Columbië) (Landswapen van Brits-Columbië)
Leuse : Splendor Sine Occasu
Thumb
Ander provinsies en gebiede van Kanada
Land Kanada
Hoofstad Victoria
48°25′N 123°21′W
Grootste stadVancouver
Goewerneur-generaalJanet Austin
Eerste MinisterDavid Eby (NDP)
Oppervlakte 944 735 km²
 - Land925 126 vk km
 - Water19 549 vk km (2,1%)
Bevolking (2007)
 - Totaal 4 402 931 inw.
 - Digtheid4,76 inw./vk km
Toelating tot die Kanadese Federasie
 - Datum20 Julie 1871
Verteenwoordiging in die Parlement
 - Parlement 36
 - Senaat 6
PosafkortingBC
Voorsetsel by poskodeV
Tydsone UTC -8 & -7
Internet-domein .bc.ca
Sluit

Geografie

Thumb
Mount Robson in die Kanadese Rotsgebergte

Brits-Columbië lê aan die weskant van Kanada. Aan sy weskant lê die Stille Oseaan, dit het grense met die Amerikaanse deelstaat Alaska in die noordweste, met die Yukon-gebiede en die Noordwestelike gebiede in die noorde, met die provinsie Alberta in die ooste, en met die deelstate Washington, Idaho, en Montana in die suide. Langs die kus van Brits-Columbië lê baie fjorde en eilande.

Die hoofstad Victoria lê op die suidelike punt van die grootste eiland, Vancouver-eiland, en het 330 700 inwoners in sy metropolitaanse gebied. Vancouver, met 2 208 300 inwoners, is in die suidwestelike hoek van die provinsie. Ander groot stede en dorpe is Abbotsford (150 000 inwoners) en Chilliwack (74 000) ook in die suidweste, Kelowna (147 739) en Kamloops (90 000) in die suidelike binnekant, Nanaimo (90 000) aan Vancouver-eiland, en Prince George (83 000), die grootste stad in die noorde van Brits-Columbië.

Die Fraserrivier ontspring en sy monding is in die provinsie.

Verwysings

Eksterne skakels

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.