Die Boswaaierstertmuis (Graphiurus murinus) kom in die hele Suid-Afrika voor behalwe die weste; ook in Botswana, Zimbabwe en noordoos Namibië.
Boswaaierstertmuis | |
---|---|
![]() | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | Gliridae |
Genus: | Graphiurus |
Spesie: | G. murinus |
Binomiale naam | |
Graphiurus murinus (Desmarest, 1822) | |
Voorkoms
Die knaagdier se kleur is grys en om die oë is 'n eiesoortige donker kol. Die keel en onderkant is wit. Die dier word tot 16cm lank en weeg ±30g.
Habitat en gewoontes
Hulle woon in oop boomveld, bosveld en selfs woud en is nagaktief. Die diertjie lewe in gate in bome of maak 'n nes van gras en blare. Daar word 1 - 3 kleintjies in die somer gebore. Hulle eet insekte, ander ongewerweldes, sade en ander plantmateriaal.
Galery
Sien ook
Bron
- Die Soogdiergids van Suider-Afrika. Burger Cillié. 2009. ISBN 978-1-875093-46-5
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.