Boet Pretorius is 'n Afrikaanse musikant, musiekregisseur, -vervaardiger en -verwerker. Hy is 'n pionier wat baanbrekerswerk op die musiekfront (veral wat Afrikaanse musiek betref) gedoen het. Pretorius het talle kunstenaars oor die jare met hul musiekloopbane gehelp, insluitend Die Briels, Gé Korsten, Min Shaw, Lance James, Groep Twee en Carike Keuzenkamp.
Boet Pretorius | |
---|---|
Ook bekend as | Dimpel |
Beroep(e) | Musiekregisseur, -vervaardiger |
Instrumente | Stem, kitaar |
Etikette | Decibel Brigadiers (later EMI) |
Pretorius het al op skool in sangkompetisies gesing en kitaar begin speel. Ná skool het hy klasse in musiek geloop, op universiteit elektronika studeer en sy eie ateljee gebou. Hy het ook langspeelplate onder die naam "Dimpel Pretorius" gemaak en in die orkeste van Jurie Ferreira, Nico Carstens en Hendrik Susan gespeel.
Van ongeveer 1975 het hy by Brigadiers Musiek gewerk, wat later EMI geword het. In 1981 het hy die platemaatskappy Decibel Musiek saam met André Viljoen en Retief van Rooyen (Anneli van Rooyen se pa) begin. Hier was hy vir om en by 130 goue en 15 platinum plate verantwoordelik. In 2000 het hy Decibel verkoop.
Hy was ook vir die volgende rolprente se musiek verantwoordelik:
- Broer Matie, 1984
- Sing vir die harlekyn, 1980
- Aanslag op Kariba, 1973
- Kaptein Caprivi, 1972
In 2007 is hy met 'n Sama vir sy lewenslange bydrae tot plaaslike musiek vereer.
Eksterne skakels
Wikiwand in your browser!
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.