From Wikipedia, the free encyclopedia
Beta Arae (afgekort as β Ara) is met ’n skynbare magnitude van 2,8[3] die helderste ster in die suidelike sterrebeeld Altaar (Ara). Dit is sowat 650 ligjare van die Son af.[2]
Beta Arae
| ||||
Die ligging van Beta Arae (in die rooi sirkel). | ||||
Sterrebeeld | Altaar | |||
Bayer-naam | β Arae | |||
Spektraaltipe | K3 Ib-II[1] | |||
Soort | Helder reus/superreus | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 17h 25m 17.98835s[2] | |||
Deklinasie | -55° 31′ 47.5868″[2] | |||
Skynmagnitude (m) | 2,84[3] | |||
Absolute magnitude (M) | -3,494[4] | |||
B-V-kleurindeks | +1,46[5] | |||
U-B-kleurindeks | +1,56[5] | |||
Besonderhede | ||||
Massa (M☉) | 8,21[6] | |||
Ligsterkte (L☉) | 5 636[6] | |||
Ouderdom (jaar) | 50,1 miljoen[7] | |||
Ander name | ||||
CPD −55° 8100, FK5 645, HD 157244, HIP 85258, HR 6461, SAO 244725.[8] | ||||
|
Die ster het ’n sterreklassifikasie van K3 Ib-IIa[1] met die ligsterkteklas "Ib-IIa", wat daarop dui dit is halfpad tussen ’n helder reus (IIa) en ’n superreus (Ib). Dit is twee van die evolusionêre stadiums waardeur ’n ster met ’n groot massa gaan nadat dit al die waterstof in sy kern opgebruik het. Beta Arae het ’n oppervlaktemperatuur van 4 200 K, wat meebring dat dit die oranje skynsel van ’n K-tipe ster het.[9]
Dit lyk of hierdie vergrote ster stadig roteer teen ’n snelheid van sowat 5 km/s.[1] Sy hoeveelheid elemente swaarder as waterstof en helium, wat sterrekundiges metale noem, is drie keer so groot as in die Son.[1][10]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.