From Wikipedia, the free encyclopedia
Berlin Ankaraspor Kulübü 07 is 'n Duitse sokkerklub uit Berlyn. Die klub is gestig as Berlin Athletik Klub en is tans 'n multi-kulturele Duits-Turkse vereniging met bande met professionele sokker in Turkye.
Volledige naam | Berlin Ankaraspor Kubülü 07 e.V. |
Stigtingsdatum | 15 Desember 1907 |
Tuisveld | Friedrich Ludwig Jahn Sportpark, Berlyn |
Kapasiteit | 20 000 |
Kompetisie | Oberliga Noordoos-Noord |
Die vereniging is in 1907 gestig in die Wedding-distrik (Berlyn) as 'n atletiekklub en 'n sokkerafdeling is in 1908 opgerig.
Die klub het grotendeels in die laer Berlynse ligas deelgeneem en speel tans in die Oberliga, wat in 2000 bereik is.
Berliner AK 07 het in 2004 met BSV Mitte saamgesmelt: Mitte is vroeër gevorm deur samesmeltings tussen die Turks-etniese klubs BFC Güneyspor en Fenerbahce Berlyn. Die nuwe klub het in 2006 'n samewerkingsooreenkoms met die eersteliga Turkse span Ankaraspor gesluit en die naam Berlin Ankaraspor Kulübü 07 aangeneem. Ahmet Gökcek, die seun van die burgemeester van Ankara, is as die klubvoorsitter aangewys.
Berliner AK 07 het tradisioneel sy tuiswedstryde gespeel in die Sportanlage Lüderitzstraße (kapasiteit
3 000). Sedert die 2006/07-seisoen het die span na die Friedrich Ludwig Jahn Sportpark verskuif, naas die Olimpiese stadion die grootste stadion in Berlyn.
|
Oberliga Noordoos-Noord 2007/08-seisoen | |
Berlin AK 07 | BFC Dynamo | Hertha BSC Berlyn II | BFC Preussen | Lichterfelder FC | |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.