From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Bamar (Birmaans: ဗမာလူမျိုး, ''ba. ma lu myui, [bəmà lùmjó]) is 'n nasie en etniese groep inheems aan Mianmar en die aangrensende lande van Suidoos-Asië, veral Thailand. Hulle vorm die titulêre nasie van Mianmar en maak omtrent 68% van Mianmar se bevolking uit.
Bamar | |
---|---|
Bamar-meisie met kosmetiese aanwending (thanaka) | |
Totale bevolking: | ca. 30 miljoen |
Belangrike bevolkings in: | Mianmar ~29 miljoen |
Taal: | Birmaans |
Geloofsoortuiging: | Hoofsaaklik Theravada-Boeddhisme Minderhede van Moslems en Christene |
Verwante etniese groepe: | Ander Sino-Tibettaanse volke soos Rakhine, Marma, Chakma, Yi, Nakhi, Tibettane |
Die Bamar behoort tot die Sino-Tibettaanse volke wat naas die Volksrepubliek China ook in lande soos Bhoetan, Mianmar, Nepal en Indië se noordooste leef. Hulle praat Birmaans as moedertaal wat die amptelike taal van Mianmar vorm.
Die Bamar is hoofsaaklik aanhangers van die Theravada-Boeddhisme, gevolg deur klein minderhede soos Moslems, Hindoes en Christene.
Bamar word soms ook Birmane genoem, hoewel hierdie term gewoonlik na die hele bevolking van Mianmar verwys, insluitende etniese minderhede soos Han-Chinese (1,6 miljoen) en Thai.
Wêreldwyd leef sowat 30 miljoen Bamar, waarvan sowat 29 miljoen in Mianmar en omtrent 1 miljoen in Thailand. In Mianmar leef hulle veral in die sentrale gebiede langs die Irrawaddy se vallei.
{{cite book}}
: Ongeldige |ref=harv
(hulp){{cite book}}
: Ongeldige |ref=harv
(hulp)Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.