From Wikipedia, the free encyclopedia
Die term Balte (afgelei van die Latynse naam van die Oossee, Mare Balticum; Litaus: baltai, Lets: balti) het twee verskillende betekenisse, afhangende daarvan of dit in 'n geografies-politiese of 'n taalkundig-etnografiese konteks gebruik word. Dit kan verwys na
Balte | |
---|---|
Totale bevolking: | 5,8 miljoen |
Belangrike bevolkings in: | Lette 1,8 miljoen Litauers 3 miljoen |
Taal: | Baltiese tale |
Geloofsoortuiging: | Christendom, Baltiese Neopaganisme |
Verwante etniese groepe: | Baltiese Finne, Slawiërs (hoofsaaklik Wit-Russe, Kasjoebe en Pomorane), Germane |
Hierdie artikel behandel die Baltiese volke as etniese groep.
As sambreelterm vir Baltiessprekende stamme - Oud-Pruise, Litauers, Lette, Koere, Semgalle en Sele - het Balte eers in 1845 met die publikasie van Georg Heinrich Ferdinand Nesselmann (1811–1881) se werk Sprache der alten Preußen ingeburger geraak. Nesselmann, 'n Duitse oriëntalis, filoloog en historikus, wat ook navorsing oor die vroeë geskiedenis van wiskunde gedoen het, het Litause (1850) en Oud-Pruisiese (1873) woordeboeke saamgestel en 'n bundel met Litause volksliedere (1853) gepubliseer.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.