Die kleurindeks in sterrekunde is ’n eenvoudige numeriese uitdrukking wat die kleur van ’n voorwerp aandui, en in die geval van ’n ster sy temperatuur. Hoe kleiner die kleurindeks, hoe blouer (en dus warmer) is die voorwerp. Hoe groter die kleurindeks, hoe rooier (en kouer) is die voorwerp. Dit is ’n gevolg van die logaritmiese magnitudeskaal, waarvolgens helderder voorwerpe kleiner (meer negatiewe) magnitudes as dowwe voorwerpe het.

Meer inligting Sterklas, B-V ...
’n Voorbeeld van kleurindekse[1]
SterklasB-VU-BTemp. (K)
O5V-0,33-1,1942 000
B0V-0,30-1,0830 000
A0V-0,02-0,029 790
F0V0,300,037 300
G0V0,580,065 940
K0V0,810,455 150
M0V1,401,223 840
Sluit

Om die indeks te meet, word die magnitude van ’n voorwerp deur twee verskillende filters waargeneem, soos U en B, of B en V. U is sensitief vir ultravioletlig, B vir blou lig en V vir sigbare (groen-geel) lig. Die stel filters word ’n fotometriese stelsel genoem. Die verskil in magnitudes wat met die filters gemeet word, word onderskeidelik die U-B- en die B-V-kleurindeks genoem. Laasgenoemde word dikwels in sterkatalogusse aangegee.

Voorbeelde

Die gelerige Son het ’n B-V-indeks van 0,656[2] en die wit ster Deneb s’n is 0,09, terwyl die blouerige Rigel ’n B-V van -0,03 het (sy B-magnitude is 0,09 en sy V-magnitude 0,12; B – V = -0,03).[3]

Verwysings

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.