From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Aula is 'n ouditorium op die Hatfieldkampus van die Universiteit van Pretoria in Suid-Afrika. Die gebou is ontwerp deur Karel Jooste van die argiteksfirma Philip Nel. Die Aula het die stad Pretoria se groot kultuurgeleenthede gehuisves totdat die Staatsteater in die vroeë 1980s voltooi is.
Die gebou is in 1968 voltooi en deur goewerneur-generaal E.G. Jansen geopen. Die ouditorium is geopen met 'n konsertuitvoering deur die operaster Mimi Coertse, en opgevolg met 'n tweemaandelange program van drama, simfonie-uitvoerings, kunsuitstallings, ballet- en kooruitvoerings. 'n Pyporrel wat voorheen in die Bosmanstraatkerk gestaan het is in 2004 in die Aula geïnstalleer. Die ouditorium het sitplek vir 1071 mense.[1]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.