Katdoring

Suider-Afrikaanse aspersiesoort wat soos 'n varing lyk From Wikipedia, the free encyclopedia

Katdoring
Remove ads

Die katdoring of katstert (Asparagus setaceus) is ’n varingagtige rankplant in die genus Asparagus.[1] Hoewel die plant soos ’n varing lyk, is dit nie regtig een nie.[2] Soos die naam aandui, is dit eintlik ’n aspersiesoort.

Kitsfeite Wetenskaplike klassifikasie, Binomiale naam ...
Remove ads

Eienskappe

Dit is inheems aan Suider-Afrika en word elders as ’n sierplant gegroei. Sy naam kom van die Latynse woord saeta ("hare" of "borsel").[3]

Asparagus setaceus is ’n meerjarige plant met ’n sterk, groen stam wat ’n paar meter lank kan word. Die blare is eintlik blaaragtige sytakkies van tot 7 mm lank wat in bondels van tot 15 per stam voorkom, en dit gee daaraan ’n sagte, groen, varingagtige voorkoms. Die klein, groenwit, klokvormige blomme kom voor van die lente tot die herfs en is sowat 0,4 cm lank. Dit word gevolg deur klein, groen bessies wat later swart word.[4] A. setaceus 'Nanus' is ’n digter dwergkultivar.

Die katdoring word dikwels as ’n tuin- of huisplant gegroei. Die fyn blare word ook in rangskikkings gebruik. Dit is baie gehard en daarom het dit in sekere streke ’n indringerplant geword.[5][6]

Remove ads

Probleme

Die bessies is giftig en kan nie geëet word nie. As die plant se naalde afval, is die plek waar dit staan te koud. Dopluise en rooispinmyt kan voorkom.[7]

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads