plant spesie From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Tarentaalaalwyn (Aristaloe aristata, voorheen Aloe aristata) is die enigste spesie wat tot die genus Aristaloe hoort en Aristaloe is dus 'n monotipiese takson. Die plant kom in Lesotho, Vrystaat, KwaZulu-Natal, die Noord- en Oos-Kaap voor. Die plant is klein, die blare vorm digte rosette wat tot 150 mm in deursnee word. Dit is 'n gewilde huis plant en blom van November tot Desember. Die blare is dik, inwaarts gebuig en 80 - 100 mm lank. Hulle is groen met wit punte.
Tarentaalaalwyn | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eensaadlobbiges |
Orde: | Asparagales |
Familie: | Asphodelaceae |
Subfamilie: | Asphodeloideae |
Genus: | Aristaloe |
Spesie: | A. aristata |
Binomiale naam | |
Aristaloe aristata (Haw.) Boatwr. & J.C.Manning, 2014 | |
Sinonieme | |
|
Die plant se habitat wissel, in die Karoo kom hulle in warm, droë sanderige gebiede voor, maar op ander plekke word hulle gevind in diep, skaduryke rivierwoude asook die bergagtige grasveld van Lesotho.
In Engels staan dit as die Guinea-fowl Aloe bekend en in Afrikaans as die baardaalwyn en die langnaaldaalwyn.[1]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.