From Wikipedia, the free encyclopedia
Argelès-sur-Mer (Franse uitspraak: [aʁʒəlɛs syʁ mɛʁ] ( ), Katalaans: Argelers de la Marenda of Argelers [əɾʒəˈles]), algemeen bekend as Argelès, is 'n nedersetting in die département Pyrénées-Orientales in die administratiewe streek Oksitanië, Frankryk.
Amptelike naam | Argelès-sur-Mer |
---|---|
Demoniem | argelésiens |
Land | Frankryk |
Hoofstad van | canton of Côte Vermeille, canton of Argelès-sur-Mer, canton of Côte Vermeille |
Geleë in administratiewe eenheid | Pyrénées-Orientales, arrondissement of Céret, canton of Argelès-sur-Mer, Rosselló |
Geleë in tydsone | Middel-Europese Tyd |
Geleë in die statistiese territoriale entiteit | aire d'attraction de Perpignan, Sant Cebrià de Rosselló urban unit |
Geassosieerde kiesafdeling | canton of Côte Vermeille |
Geleë in of aan waterliggaam | Tech |
Geografiese ligging | |
Kantoor gehou deur hoof van die regering | burgemeester van Argelès-sur-Mer |
Hoof van plaaslike regering | Antoine Parra |
Susterstad | Hürth, Montgat |
Poskode | 66700 |
Telefoon nommer | +33-4-68-95-34-58 |
Fax number | +33-4-68-81-60-63 |
Email address | mailto:mairie@ville-argelessurmer.fr |
Amptelike webwerf | https://www.ville-argelessurmer.fr |
Kategorie vir kaarte | Category:Maps of Argelès-sur-Mer |
Dit is omtrent 25 km vanaf Perpignan.
Argelès-sur-Mer is in die kanton La Côte Vermeille en in die arrondissement Céret geleë.
Argelès-sur-Mer is aan die Côte Vermeille aan die voet van die Albères-bergreeks, naby die Spaanse grens. Dit het die langste strand in die Pyrenées Orientales.
Tydens die Tweede Wêreldoorlog was Argelès-sur-Mer die ligging van 'n konsentrasiekamp, waar tot 100 000 verslane Spaanse Republikeine langs 'n winderige strand in haglike sanitêre toestande deur die Franse regering geïnterneer is ná die nederlaag van die Spaanse Republiek. Die vlugtelinge het vanaf die winter van 1938/39 na die kamp gestroom ná die ineenstorting van die Katalaanse front na die rebelle-offensief.[1]
Étoile sportive catalane is die rugbyklub van Argelès-sur-Mer.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.