Aras of arapapegaaie (Engels: macaws) is dikwels kleurryke papegaaie met lang sterte. Daar is ses genera van Psittacidae (ware papegaaie) wat in Afrikaans as "ara" bekend is, hoewel net een genus Ara heet. Die ander vyf is Anodorhynchus, Cyanopsitta, Primolius, Orthopsittaca en Diopsittaca.
Ara | |
---|---|
Ara macao. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | Arinae |
Tribus: | Arini |
Genusse | |
Ara |
Aras is inheems aan Sentraal-Amerika, Mexiko, Suid-Amerika en voorheen die Karibiese gebied. Die meeste spesies word verbind met woude, veral reënwoude, maar ander verkies bos- of graslande.[1]
Biologie
Aras word van ander papegaaie onderskei deur hul proporsioneel groter snawels, lang sterte en relatief kaal, ligkleurige gesigskolle. In sommige spesies is die gesigskolle kleiner en beperk tot ’n geel kol om die oë en ’n tweede kol naby die basis van die snawel. ’n Ara se veerpatroon aan sy gesig is so uniek soos ’n vingerafdruk.[2]
Die grootste aras is die Anodorhynchus hyacinthinus, Ara ambiguus en Ara chloropterus. Hoewel voëls van die genera Cyanopsitta, Orthopsittaca en Primolius steeds relatief groot is, is hulle kleiner as lede van Anodorhynchus en Ara. Die kleinste lid van die familie is Diopsittaca; hy is nie groter as sommige parkiete van die genus Aratinga nie.[1]
Aras is, nes ander papegaaie, toekans en spegte, sigodaktiel (die binneste en buitenste toon wys na agter en die twee middelste tone vorentoe).[1]
Spesies
Daar is 19 spesies aras, insluitende uitgestorwe en ernstig bedreigde spesies.[3] Daar is ook verskeie hipotetiese uitgestorwe spesies, maar daar is min getuienis daarvoor.[4]
- Anodorhynchus
- Anodorhynchus glaucus (ernstig bedreig of uitgesterf)
- Anodorhynchus hyacinthinus
- Anodorhynchus leari
- Cyanopsitta
- Cyanopsitta spixii (waarskynlik uitgesterf in die natuur)
- Ara
- blou-en-geel-ara (Ara ararauna)
- bloukeelara (Ara glaucogularis)
- militêre ara (Ara militaris)
- Ara ambiguus
- skarlaken-ara (Ara macao)
- rooi-en-groen-ara (Ara chloropterus)
- Ara rubrogenys
- Ara severa
- †Ara tricolor (uitgesterf)
- †Ara autochthones[5] (uitgesterf)
- Orthopsittaca
- Orthopsittaca manilata
- Primolius
- Primolius couloni
- Primolius maracana
- Primolius auricollis
- Diopsittaca
- Diopsittaca nobilis
Hipotetiese uitgestorwe spesies
Verskeie hipotetiese uitgestorwe spesies is voorgestel waarvoor daar min getuienis is. Hulle kon subspesies gewees het, of bekende papegaaie wat na ’n eiland ingevoer en later verkeerdelik as ’n aparte spesie beskou is.[4]
- Ara martinica (Rothschild, 1905)
- Ara guadeloupensis (Clark, 1905)
- Ara erythrocephala (Rothschild, 1905)
- Ara gossei (Rothschild, 1905)
- Ara atwoodi (Clark, 1905)
Bewaringstatus
Die meeste aras is nou bedreig in die natuur en ’n paar het uitgesterf. Cyanopsitta spixii is waarskynlik nou uitgesterf, en Anodorhynchus glaucus moontlik ook (net twee betroubare rekords bestaan van iemand wat laasgenoemde in die 20ste eeu gesien het). Die grootste probleme wat ’n bedreiging vir die voëls inhou, is die vinnige tempo van ontbossing en onwettige handel.[6]
Internasionale handel in alle ara-spesies word deur die Convention on International Trade in Endangered Species of Wild Flora and Fauna (Cites) beheer. Sommige spesies, soos Ara macao, word in Aanhangsel I genoem en daar mag nie vir kommersiële doeleindes met hulle handel gedryf word nie. Ander spesies, soos Diopsittaca nobilis, word in Aanhangsel II genoem en daar mag kommersieel met hulle handel gedryf word mits seker beheermaatreëls in plek is, soos spesiale permitte.
Galery
- Ara ararauna.
- Ara militaris.
- Primolius auricollis
- Anodorhynchus hyacinthinus.
- Die uitgestorwe Ara tricolor.
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand in your browser!
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.