Eta Piscium (afgekort as η Psc) is ’n dubbelster en die helderste ligpunt in die sterrebeeld Visse (Pisces); dit het ’n skynbare magnitude van 3,6[3] en volgens parallaksmetings is dit sowat 350 ligjare van die Son af.[6]
Eta Piscium
| ||||
Eta Piscium se ligging (in die rooi sirkel). | ||||
Sterrebeeld | Visse | |||
Spektraaltipe | G7 IIIa[1] | |||
Soort | Dubbelster | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 01h 31m 29.01026s[2] | |||
Deklinasie | +15° 20′ 44.9685″[2] | |||
Skynmagnitude (m) | 3,611[3] (3,83 + 7,51)[4] | |||
Absolute magnitude (M) | -1,52[5] | |||
B-V-kleurindeks | +0,976[3] | |||
U-B-kleurindeks | +0,730[3] | |||
Besonderhede | ||||
Komponent 1 | η Psc A[6] | |||
Massa (M☉) | 3,78±0,16 | |||
Radius (R☉) | 26,48±2,15 | |||
Ligsterkte (L☉) | 457 | |||
Temperatuur (K) | 4 937±40 | |||
Rotasiespoed (km/s) | 8,4[7] | |||
Metaalinhoud [Fe/H] | −0,13±0,06 | |||
Eienskappe | ||||
Afstand (ligjaar) | 350 | |||
Ouderdom (jaar) | 220±30 | |||
Veranderlikheid | γ Cas | |||
Ander name | ||||
99 Piscium, BD+14° 231, FK5 50, HD 9270, HIP 7097, HR 437, SAO 92484, WDS=J01315+1521AB[8] | ||||
|
Die twee komponente word Eta Piscium A (amptelik bekend as Alpherg)[9] en B genoem.
Die dubbelster se Bayer-naam is "Eta Piscium". Dit het die tradisionele name "Al Pherg" en "Kullat Nunu" gehad. Die tyd toe die dag-en-nag-ewening die Visse binnegegaan het, was die stelsel geleë in die eerste ekliptiese sterrebeeld van die Nieu-Babiloniërs, Kullat Nūnu (Nūnu is die Babiloniese woord vir "vis" en Kullat verwys na óf die emmer óf die koord wat die vis bymekaarhou.[10] In 2016 het die Internasionale Astronomiese Unie se sternaamwerkgroep (WGSN) besluit om name eerder aan individuele sterre as stergroepe te gee[11] en op 1 Junie 2018 het dit die naam "Alpherg" vir die komponent Eta Piscium A goedgekeur.
Op die huidige afstand word die stelsel se skynbare magnitude met ’n faktor van 0,09±0,06 verdof vanweë interstellêre ruimtestof.
Die amateursterrekundige S.W. Burnham het in 1878 ontdek Eta Piscium is ’n dubbelster.[12]. Die komponente wentel rofweg elke 850 jaar om mekaar met ’n halwe lengteas van 1,2 boogsekondes en ’n wentelbaan-eksentrisiteit van 0,47.
Die primêre ster, A, is ’n geëvolueerde G-tipe reusester met ’n skynmagnitude van 3,83[4] en ’n sterreklassifikasie van G7 IIIa.[1] Dit het ’n swak magneetveld en is ’n Gamma Cassiopeiae-veranderlike.[12] Komponent B het ’n skynmagnitude van 7,51.[4]
Wikiwand in your browser!
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.