From Wikipedia, the free encyclopedia
Alpha Sextantis (afgekort as α Sex) is die helderste ster in die sterrebeeld Sekstant (Sextans).[11] Met ’n skynbare magnitude van 4,49[3] is dit met die blote oog sigbaar. Volgens parallaksmetings is dit sowat 280 ligjare van die Son af.[2]
Alpha Sextantis
| ||||
Die ligging van Alpha Sextantis (in die rooi sirkel). | ||||
Sterrebeeld | Sekstant | |||
Spektraaltipe | A0 III[1] | |||
Soort | Reusester | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 10h 07m 56.29556s[2] | |||
Deklinasie | -0° 22′ 17.8621″[2] | |||
Skynmagnitude (m) | 4,49[3] | |||
Absolute magnitude (M) | −0,29±0,21[4] | |||
B-V-kleurindeks | -0,04[3] | |||
U-B-kleurindeks | -0,07[3] | |||
Besonderhede | ||||
Massa (M☉) | 2,96±0,12[4] | |||
Radius (R☉) | 4,5[5] | |||
Ligsterkte (L☉) | 120[6] | |||
Ouderdom (jaar) | 295[7] | |||
Temperatuur (K) | 9 984[6] | |||
Afstand (ligjaar) | 280 | |||
Rotasiespoed (km/s) | 21[8] | |||
Metaalinhoud [Fe/H] | −0,03±0,18[9] | |||
Ander name | ||||
15 Sextantis, BD+00° 2615, FK5 2814, HD 87887, HIP 49641, HR 3981, SAO 137366[10] | ||||
|
Dit word as ’n "ewenaarster" beskou omdat dit minder ’n kwartgraad suid van die hemelewenaar lê. In 1900 was dit 7 boogminute noord van die ewenaar. Vanweë ’n verskuiwing van die Aarde se draaias het dit in Desember 1923 na die Suidelike Halfrond geskuif.[12]
Alpha Sextantis is ’n geëvolueerde A-tipe reusester met ’n sterreklassifikasie van A0 III.[1] Sy massa is sowat drie keer[4] en sy radius sowat 4,5 keer dié van die Son.[5] Sy hoeveelheid metale (elemente swaarder as waterstof en helium) is soortgelyk aan die Son s'n.[9] Dit straal omtrent 120 soveel ligsterkte as die Son uit met sy effektiewe temperatuur van 9 984 K.[6] Alpha Sextantis is sowat 295 miljoen jaar oud.[7]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.