From Wikipedia, the free encyclopedia
Alpha Fornacis (afgekort as α For) is ’n dubbelster[10] in die suidelike sterrebeeld Oond (Fornax) en die helderste ligpunt in die sterrebeeld; dit is die enigste ster met ’n skynbare magnitude van hoër as 4. Dit is sowat 46 ligjare van die Son af.
Alpha Fornacis
| ||||
Die ligging van Alpha Fornacis (in die rooi sirkel). | ||||
Sterrebeeld | Oond | |||
Spektraaltipe | F8IV[1] | |||
Soort | Dubbelster | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 3h 12m 04.5277s[2] | |||
Deklinasie | -28° 59′ 15.425″[2] | |||
Skynmagnitude (m) | 3,85[3] (3,98/7,19)[4] | |||
Absolute magnitude (M) | 3,08[5] | |||
B-V-kleurindeks | +0,581[6] | |||
U-B-kleurindeks | +0,082[6] | |||
Besonderhede | ||||
Komponent 1 | α For A | |||
Massa (M☉) | 1,33 ± 0,01[7] | |||
Radius (R☉) | 2,04 ± 0,06[8] | |||
Ligsterkte (L☉) | 4,87 ± 0,16[8] | |||
Temperatuur (K) | 6 240[7] | |||
Rotasiespoed (km/s) | 3,9[8] | |||
Metaalinhoud [Fe/H] | -0,20[7] | |||
Eienskappe | ||||
Ouderdom (jaar) | 2,9 miljard[9] | |||
Ander name | ||||
CD −29° 1177, GJ 127, HD 20010, HIP 14879, HR 963, SAO 168373, LTT 1512[3] | ||||
|
Die twee komponente is bekend as Alpha Fornacis A (met die amptelike naam Dalim)[11] en B.
Die dubbelster se Bayer-naam is "Alpha Fornacis".[12] Dit was voorheen ook bekend onder die Flamsteed-naam 12 Eridanus.[13]
Inheemse Arabiere het die naam ظَلِيم al-ẓalīm, ’n plaaslike woord vir "volstruis", aan beide Alpha Eridani en Fomalhaut gegee. Later het Arabiese sterrekundiges die naam vir Theta Eridani gebruik omdat hulle nie die ander twee sterre van hulle ligging af kon sien nie.[14] In onlangse tye het die Italiaanse sterrekundige Giuseppe Piazzi die aangepaste spelling "Dalim vir sy "III 13" (= α For) gebruik in sy Palermo-katalogus.[15][16][17] Die Amerikaanse sterrekundige Elijah Burritt het dit later vir "Fornacis" gebruik in sy Atlas.[18]
Op 5 September 2017 het die Internasionale Astronomiese Unie se sternaamwerkgroep (WGSN)[19] die naam "Dalim" vir die ster Alpha Fornacis A goedgekeur.[11] Hulle ken eiename eerder aan individuele sterre toe as aan stelsels.
Alpha Fornacis het ’n hoë eiebeweging[3] en die stelsel toon ’n oormaat infrarooistraling, wat die teenwoordigheid van sirkumstellêre materiaal aandui.[20]
Alpha Fornacis A het ’n sterreklassifikasie van F8IV, waar die ligsterkteklas IV aandui dit is ’n subreus wat pas van die hoofreeks af geëvolueer het.[21] Sy massa is 33% meer as die Son s’n en dit is na raming 2,9 miljard jaar oud.[7][9]
Die sekondêre ster, B, is ’n bloudwaalster en het in die verlede óf materiaal van ’n ander ster aangetrek óf daarmee saamgesmelt. Dit is ’n groot bron van X-strale en sy massa is 78% van dié van die Son.[22]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.