From Wikipedia, the free encyclopedia
Albanees of Albanies[5] (shqip, [ʃcip] of gjuha shqipe, [ˈɟuha ˈʃcipɛ]) is 'n Indo-Europese Satəm-taal wat deur sowat 5,4 miljoen mense gepraat word. Albanees is die amptelike taal van Albanië, saam met Serwies van Kosowo en saam met Masedonies van Noord-Masedonië. Daarbenewens is Albanees in Montenegro in amptelike gebruik. Dit word ook gepraat in gebiede van die voormalige Joego-Slawië asook in dele van Griekeland, Italië en Turkye.
Albanees shqip of gjuha shqipe | ||
---|---|---|
Uitspraak: | [ʃcip] of [ˈɟuha ˈʃcipɛ] | |
Gepraat in: | Albanië Kosovo Montenegro Noord-Masedonië Italië Serwië Griekeland Turkye | |
Gebied: | Suid-Europa | |
Totale sprekers: | 5,4 miljoen[1][2][3] | |
Rang: | 111 | |
Taalfamilie: | Indo-Europees Satəm Albanees | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Albanië Kosovo Montenegro (in amptelike gebruik)[4] Noord-Masedonië | |
Gereguleer deur: | Instituut van Albanië | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | sq | |
ISO 639-2: | alb/sqi | |
ISO 639-3: | sqi | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Indo-Europese tale |
---|
Indo-Europese tale |
Albanees | Anatolies Armeens | Balties | Kelties Germaans | Grieks | Indo-Irannees Italies | Slawies | Togaars |
Proto-Indo-Europees |
Taal | Vereniging | Geloof Kurgan | Yamna | BMAC | Ariaans |
Indo-Europese studies |
Albanees is bekend sedert die 15de eeu. Die taal vorm 'n taalgroep op sy eie en dit bestaan uit baie dialekte wat in twee groepe onderverdeel kan word, naamlik Ghegies in die noorde en Toskies in die suide.
Kennis van die taal is dus eers laat verkry, en dit is steeds skamel beskryf. Dit is baie sterk deur Latyn, Turks en Grieks beïnvloed sodat die taal sodanig verander het dat dit vandag baie vêr van Proto-Indo-Europees verwyderd is. Albanees word met die Latynse alfabet geskryf.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.