Agnes Monica

From Wikipedia, the free encyclopedia

Agnes Monica
Remove ads

Agnes Monica (geb. Agnes Monica Muljoto, Djakarta, 1 Julie 1986) is 'n sangeres en kunstenaar van Indonesië. Sy het haar loopbaan in die vermaakbedryf op sesjarige ouderdom begin en in die 1990's drie kinderalbums uitgereik. Sy het daarna ook 'n aanbieder van verskeie TV-kinderprogramme geword en in ’n sepie, Pernikahan Dini (2001), gespeel. Sy was in daardie stadium die hoogs betaalde tienerkunstenaar in die land.

Kitsfeite Agtergrondinligting, Geboortenaam ...

In 2003 het Agnes haar eerste volwasse album uitgereik, waarmee sy groot sukses behaal het, en dit het haar aangespoor om die internasionale arena te betree. In 2005 het sy haar tweede volwasse album, Whaddup 'A..?!, saam met die Amerikaanse R&B-sanger Keith Martin uitgegee. Sy het ook in twee Taiwannese dramareekse gespeel.

Remove ads
Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads