From Wikipedia, the free encyclopedia
Adobe Inc. (voorheen bekend as Adobe Systems Incorporated) is 'n Amerikaanse multinasionale sagtewaremaatskappy met sy hoofkwartier in San Jose, Kalifornië, VSA. Die maatskappy het in die verlede gefokus op die skepping van multimedia en kreatiwiteit-sagteware produkte, met 'n meer onlangse rigting na ryk Internet-toegepaste sagteware-ontwikkeling. Dit is die beste bekend vir sy "Portable Document Format" (PDF) en "Adobe Creative Suite", later "Adobe Creative Cloud".
Adobe Inc. | |
Tipe | Openbare maatskappy |
---|---|
Gestig | Februarie 1982 |
Hoofkantoor | San Jose, Kalifornië, VSA |
Sleutelpersone | John Warnock Charles Geschke |
Gebied bedien | Wêreldwyd |
Industrie | Rekenaarsagteware |
Inkomste | VS$ 4,055.24 miljoen (2013) |
Bedryfsinkomste | VS$ 422.723 miljoen (2013) |
Netto inkomste | VS$ 289.985 miljoen (2013) |
Werknemers | 11,144 (2012) |
Webwerf | Adobe.com |
Adobe is in Februarie 1982 deur John Warnock en Charles Geschke gestig, nadat hulle by Xerox PARC bedank het om die PostScript bladsybeskrywingstaal te ontwikkel en te verkoop. In 1985 het Apple Computer PostScript gelisensieer vir gebruik in sy LaserWriter drukkers, wat die vonk was vir die "desktop publishing"-rewolusie.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.