Remove ads
From Wikipedia, the free encyclopedia
Abraham Josias Sluysken (3 Desember 1736, Deventer - 18 Januarie 1799, Den Haag) was, in die afwesigheid van 'n goewerneur, die laaste hoof van die Kaap onder die eerste bewind van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie (VOC).
Abraham Josias Sluysken | |
De facto goewerneur van die Nederlandse Kaapkolonie | |
Ampstermyn 1792 – 14 September 1795 | |
Voorafgegaan deur | Nederburgh en Frijkenius |
---|---|
Opgevolg deur | George Macartney |
Persoonlike besonderhede | |
Gebore | 3 Desember 1736 |
Sterf | 18 Januarie 1799 |
Hy tree in 1765 in diens van die VOC en word uiteindelik goewerneur van die Nederlandse handelshawe Soerat aan die weskus van Indië (die versamelnaam van die Nederlandse besittinge was destyds Nederlands Voor-Indië). In 1793 keer hy na Nederland terug en vertoef onderweg daarheen 'n ruk lank aan die Kaap waar hy kennis maak met die kommissarisse-generaal Nederburgh en Frijkenius, vir wie die State-generaal daarheen gestuur het om streng ondersoek na die toestande in te stel wat onder die onbevoegde en verswakte VOC algaande versleg het. Die twee-kommissarisse-generaal stel Nederburgh as waarnemende kommissaris aan om waar te neem tot 'n nuwe goewerneur die leiding kon kom neem, sodat hulle hul ondersoek na VOC-wanbestuur in die Ooste kon gaan voortsit.
Met die oog op verdediging in geval van 'n moontlike aanval deur die Franse laat Sluysken in 1794 'n paar klein fortjies op Simonstad bou. Die volgende jaar kom die burgers van Graaff-Reinet en Swellendam in opstand teen die Kaapse regering en verklaar hulle onafhanklikheid. Terselfdertyd val 'n Britse mag die Kaap aan. Sluysken wend floue pogings aan om die Nederlandse besitting te verdedig, sodat hy dit op 14 September 1795 aan die Engelse moes oorhandig. Hy vertrek op 12 November terug na Nederland.
In 1797 publiseer hy sy Verhaal gehouden bij den Commissaris van de Caap de Goede Hoop. Hierin beskryf hy die gebeurtenisse aan die Kaap van 10 Junie tot 16 September 1795.
Voorafgegaan deur Kommissarisse-generaals Nederburgh en Frijkenius |
Goewerneur van die Kaap de Goede Hoop 1792 – 14 September 1795 |
Opgevolg deur Britse Goewerneur: George Macartney |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.