From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Tarantula-newel (ook bekend as 30 Doradus) is ’n H II-gebied in die Groot Magellaanse Wolk, in die sterrebeeld Swaardvis. Aanvanklik is gedink dis ’n ster, maar Nicolas-Louis de Lacaille het in 1751 besef dit is ’n newel.
Tarantula-newel | ||||
Die Tarantula-newel deur die nasionale teleskoop by die La Silla-sterrewag, Chili. | ||||
Sterrebeeld | Swaardvis | |||
Tipe | H II-gebied | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 05h 38m 38s[1] | |||
Deklinasie | -69° 05.7′[1] | |||
Skynmagnitude (m) | +8[2] | |||
Absolute magnitude (M) | -11,7 | |||
Besonderhede | ||||
Afstand (ligjaar) | 160 000[2][3] | |||
Skynbare grootte | 40′ × 25′[2] | |||
Besonderse kenmerke | In die Groot Magellaanse Wolk | |||
Ander name | ||||
NGC 2070,[2] Doradus-newel,[1] 30 Doradus | ||||
|
Tarantula het ’n skynbare magnitude van 8. As in ag geneem word dit is 160 000 ligjare van die Aarde af, is dit ’n besonder helder niestellêre voorwerp. Sy ligsterkte is so groot dat as hy so naby aan ons was as die Orion-newel, hy skadu's sou gegooi het.[4] Dit is die aktiefste stervormingsgebied in die Plaaslike Groep sterrestelsels. Dit is ook een van die grootstes – met ’n geraamde deursnee van 652 ligjare.[3]
In die kern van 30 Doradus is die sterreswerm NGC 2070, wat die kompakte konsentrasie sterre bekend as R136 bevat;[5] dit wek die meeste energie op wat die newel sigbaar maak. Die geraamde massa van die swerm is 450 000 M☉ (sonmassas), wat daarop dui dat dit waarskynlik in die toekoms ’n bolswerm sal word.[6] Benewens NGC 2070 bevat die Tarantula-newel ’n paar ander sterreswerms, insluitende die veel ouer Hodge 301. Die swaarste sterre van Hodge 301 het reeds as supernovas ontplof.[7]
Die naaste supernova wat waargeneem is sedert die ontdekking van die teleskoop,[8] SN 1987A, het aan die buitewyke van die Tarantula-newel voorgekom.[9] Daar is ’n prominente supernova-oorblyfsel wat die oop sterreswerm NGC 2060 omsluit, maar die oorblyfsels van baie ander supernovas is moeilik om te bespeur in die komplekse newelagtigheid.[10]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.