From Wikipedia, the free encyclopedia
'n Aja (Arabies: آية, ʾĀyah of teken; meervoud: ajat) is 'n vers in die Koran, een van die stellings van wisselende lengte wat die soeras (hoofstukke) van die Koran uitmaak en deur 'n nommer gemerk word. In die konteks van die Koran beteken die woord "bewys", "teken" of "wonderwerk". Dit kan in Islam na ander dinge as Koranverse verwys, soos godsdienstige verpligtinge (ayat taklifiyyah) of kosmiese verskynsels (ayat takwiniyyah).[1] In die Koran word dit op verskeie plekke genoem, soos:
تِلْكَ آيَاتُ ٱللَّٰهِ نَتْلُوهَا عَلَيْكَ بِٱلْحَقِّۖ فَبِأَيِّ حَدِيثٍۭ بَعْدَ ٱللَّٰهِ وَآيَاتِهِۦ يُؤْمِنُونَ
"Dit is die tekens van Allah wat Ons in waarheid aan u voordra. In watter aankondiging buiten Allah en Sy tekens sal hulle dan glo?"
—Koran 45:6[2]
Die soeras het nie almal ewe veel ajat nie – die kortste een, Al-Kawthar ("Oorvloed"), het net drie, terwyl die langste een, Al-Ba'karah ("Die Koei"), 286 het.[3]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.