![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/b/b0/1_zermatt_night_2012.jpg/640px-1_zermatt_night_2012.jpg&w=640&q=50)
Zermatt
From Wikipedia, the free encyclopedia
Zermatt is 'n munisipaliteit (Switserse Duits amptelik: politische Gemeinde) in die distrik Visp van die tweetalige Switserse kanton Valais (Duits: Wallis). Die Franse naam van Zermatt, Praborgne, is regstreeks afgelei van die oorspronklike Latynse dorpsnaam Pratobornum.
Kaart | Wapen |
![]() | |
![]() | |
Vlag | |
![]() | |
Land | ![]() |
Kanton | ![]() |
Koördinate | 46.0193°N 7.7461°O / 46.0193; 7.7461 |
Stigting | 1280 (eerste verwysing) |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 242,67 vk km |
Hoogte bo seevlak | 1608 m |
Bevolking: | |
- Totaal (31 Desember 2011) | 5 746 |
- Bevolkingsdigtheid | 23,7/vk km |
Tydsone | UTC +1 (MET) |
Stadspresident | Christoph Bürgin (CVP) |
Amptelike Webwerf | Zermatt |
Zermatt is teen 'n hoogte van 1608 meter bo seevlak aan die noord-oostelike voet van die Matterhorn-bergpiek in die boonste gedeelte van die Matter-vallei (dikwels ook Nikolai-vallei genoem) geleë. Die Matterhorn maak van Zermatt net soos sy uitstekende skigeriewe en voetslaanpaaie 'n eersterangse toeristebestemming in Switserland.