From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Zebra-dikkop (Ptereleotris zebra) is 'n vis wat voorkom in die Stille Oseaan, die Indiese Oseaan, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika tot by die noorde van KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Zebra dartfish.
Zebra-dikkop | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Ptereleotris |
Spesie: | P. zebra |
Binomiale naam | |
Ptereleotris zebra (Fowler, 1938) | |
Sinonieme | |
|
Die vis word tot 11 cm lank. Die lyf is groenerig-grys met verskeie nou, pienk vertikale strepe waarvan die kante blou is oor die lyf. Daar is 'n persagtige area net onder die oë en op die kieudeksel. Daar is ook blou rante op beide dorsale vinne.
Die vis leef in vlak koraalriwwe in water wat 2 tot 12 m diep is. Hulle leef gewoonlik in groepe saam oor harde substraat. Die mannetjie laat sak die bekkenvinne en klap dit saam tydens paartyd. Hulle vreet hoofsaaklik soöplankton. Hierdie spesie is skaars en skaam.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.