![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/b/b3/Yakovlev_Yak-17.jpg/640px-Yakovlev_Yak-17.jpg&w=640&q=50)
Yakovlev Yak-17
Russiese vegvliegtuig / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Yakovlev Yak-17 is 'n straalaangedrewe vegvliegtuig wat deur die Sowjetunie ontwikkel en gebou is. Dit is ontwikkel uit die Yakovlev Yak-15. Daar is 430 Yak-17's gebou. Die Yak-17 het, anders as die Yak-15, 'n intrekbare driewielonderstel gehad asook 'n kragtiger motor. Daar was ook strukturele verbeteringe gemaak om die vliegtuig te versterk. Weggooibare brandstoftenks was ook bygevoeg om die togafstand te verbeter. Daar was ook 'n tweesitplek-opleidingmodel ontwikkel.
Kitsfeite
Yakovlev Yak-17 | |
---|---|
Tipe | Vegvliegtuig |
Vervaardiger | Tbilisi Aircraft Manufacturing |
Nooiensvlug | Junie 1947 |
Bekendstelling | 1948 |
Onttrek | 1955 |
Status | Onttrek |
Hoofgebruikers | Sowjetlugmag Poolse Lugmag |
Vervaardig | 1948–1949 |
Aantal gebou | 430 |
Ontwikkel van | Yakovlev Yak-15 |
Weergawes | Yakovlev Yak-23 |
Sluit
Die Poolse- en Tseggiese lugmagte het ook die vliegtuig gebruik. Dit is uitgefaseer teen 1955 deur alle lugmagte.