From Wikipedia, the free encyclopedia
Wsewolod II (Russies: Всеволод II Ольгович; ? – 1 Augustus 1146) het van 1139 tot 1146 as grootprins oor Kiëf-Roes regeer. Voor dit, van 1127 tot 1139, was hy grootprins van Tsjernigof. Hy was die seun van Oleg van Tsjernigof.
Wsewolod II | |
---|---|
Grootprins van Kiëf | |
Periode | 1139–1146 |
Voorganger | Jaropolk II |
Opvolger | Igor II |
Huis | Rjoerik |
Vader | Oleg van Tsjernigof |
Oorlede | 1 Augustus 1146 |
Hy was met Maria, die dogter van grootprins Mstislaf I van Kiëf, getroud. Hul oudste seun was Swjatoslav III van Kiëf.
Hoewel hy twee seuns gehad het, het hy sy broer, Igor, as sy opvolger gekies en sy onderdane laat belowe dat hulle Igor as hul heerser sal aanvaar. Net voor sy dood het Wsewolod ’n monnik onder die naam Gavriil geword. Hy is ná sy dood as heilige vereer.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.