![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/7/71/White_Monuments_of_Vladimir_and_Suzdal_Montage.png/640px-White_Monuments_of_Vladimir_and_Suzdal_Montage.png&w=640&q=50)
Wit Monumente van Wladimir en Soezdal
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Wit Monumente van Wladimir en Soezdal (Russies: Белокаменные памятники Владимира и Суздаля) is die naam van ’n Unesco-wêrelderfenisgebied in Rusland. Dit sluit agt Middeleeuse kalksteenmonumente van Zalesje, ’n historiese Russiese streek, in:
- Die Mariahemelvaart-katedraal in Wladimir (1158-'60, 1185-'89);
- Die Goue Poort in Wladimir (1158-'64);
- Die Katedraal van Sint Demetrius in Wladimir (1194-'97);
- Die kasteel van Andreas die Vrome in Bogoljoebowo (1158-'65);
- Die Kerk van die Voorspraak aan die Nerl in Bogoljoebowo (1165);
- Die Soezdalse Kremlin met die Katedraal van die Herkoms in Soezdal (1222-'25, aangebou in die 16de eeu);
- Die Sint Jefimijef-klooster in Soezdal (meestal 16de eeu);
- Die Kerk van Boris en Gleb in Kideksja (1152).
Kitsfeite *, Unesco-wêrelderfenisterrein ...
Wit Monumente van Wladimir en Soezdal* | |
---|---|
Unesco-wêrelderfenisterrein | |
![]() | |
Posisie van die Wit Monumente van Wladimir en Soezdal in Rusland | |
Koördinate: 56.15°N 40.42°O / 56.15; 40.42 | |
Lande | ![]() |
Tipe | Kultureel |
Kriteria | i, ii, iv |
Verwysings | 633-644 |
Streek† | Europa |
Inskripsiegeskiedenis | |
Inskripsie | 1992 (16de Sessie) |
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn. † Streek soos deur Unesco geklassifiseer. |
Sluit