![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/a/a5/Wilhelm_Furtw%25C3%25A4ngler_by_Emil_Orlik.jpeg/640px-Wilhelm_Furtw%25C3%25A4ngler_by_Emil_Orlik.jpeg&w=640&q=50)
Wilhelm Furtwängler
From Wikipedia, the free encyclopedia
Gustav Heinrich Ernst Martin Wilhelm Furtwängler (* 25 Januarie 1886 – 30 November 1954) was 'n Duitse dirigent en komponis. Hy word wyd beskou as een van die grootste simfonie- en operadirigente van die 20ste eeu.
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/a/a5/Wilhelm_Furtw%C3%A4ngler_by_Emil_Orlik.jpeg/640px-Wilhelm_Furtw%C3%A4ngler_by_Emil_Orlik.jpeg)
Furtwängler was tussen 1922 en 1945 en weer vanaf 1952 tot 1954 die hoofdirigent van die Berliner Philharmoniker. Hy was ook die hoofdirigent van die Gewandhaus Simfonieorkes (1922–26) en 'n gasdirigent van ander groot orkeste, insluitende die Weense Filharmoniese Orkes.
Hy was die voorste Duitse dirigent gedurende die Tweede Wêreldoorlog, alhoewel hy nie 'n volgeling van die regering van die Nasionaal-Sosialistiese Duitse Arbeidersparty was nie. [1] Hierdie besluit het blywende kontroversie veroorsaak, en die mate waarin sy teenwoordigheid prestige aan die Derde Ryk verleen het word steeds gedebatteer.
Furtwängler se dirigeer-styl is goed gedokumenteer in beide kommersiële en ander opnames en het bygedra tot sy blywende reputasie.
Hy het 'n massiewe invloed op latere dirigente uitgeoefen; in so 'n mate dat sy naam dikwels genoem word tydens gesprekke oor die dirigente se interpretatiewe vermoëns.[2]