From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Wickiana deur Johann Jakob Wick van Zürich (1522–1588) is 'n versameling populêre enkel-vel drukstukke wat tussen 1560 en 1587 in 24 volumes versamel is. Dit is 'n belangrike bron van inligting oor die Reformasie tydperk in Switserland.
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Wick het in Switserland geleef tydens die heersappy van Heinrich Bullinger, die nakomeling van Huldrych Zwingli. Hy het in Tübingen Teologie bestudeer, en was die pastoor van Witikon, by die stadshospitaal, en die Predigerkirche. Daarna was hy kanunnik en tweede aartsdeken by die Grossmünster kerk.
Wick se dokumente is na sy dood in 1588 in die Grossmünster kloosterbiblioteek versamel. Hulle is in 1836 na die Zentralbibliothek Zürich geskuif. Die oorspronklike versameling is in 1925 tussen die biblioteek se manuskrip en vroeë drukstuk afdelings opgedeel. Die drukstukversameling bevat 429 drukstukke uit die oorspronklike Grossmünster versameling (PAS II 1 – 24) plus tien items wat later bygevoeg is (PAS II 25). Die manuskrip gedeelte het die biblioteekindekse Ms F 12–35. Die versameling is in 1997–2005 gedeeltelik in 'n faksimilee uitgawe met kommentaar uitgegee.
Wikimedia Commons bevat media in verband met Wickiana. |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.