![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/af/thumb/8/88/Wapen_van_die_Wes-Kaap.png/640px-Wapen_van_die_Wes-Kaap.png&w=640&q=50)
Wes-Kaap
provinsie van Suid-Afrika / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Wes-Kaap (Engels: Western Cape, Xhosa: Ntshona-Koloni) is een van die nege provinsies van Suid-Afrika. Die hoofstad en grootste nedersetting is Kaapstad. Dit het in 1994 'n afsonderlike provinsie geword toe die ou Kaapprovinsie in die Noord-, Oos- en Wes-Kaap verdeel is. Die Prins Eduard-eilande, bestaande uit die Prins Eduard-eiland en Marion-eiland in die suidelike Indiese Oseaan, maak deel uit van die provinsie Wes-Kaap.
![]() Wapen | |
![]() | |
Oppervlakte | 129 462 km² (10,6% van S.A. oppervlakte, 4de grootste) |
Bevolking (2011-sensus) | 5 822 734[1] |
Bevolking (2020-skatting) |
Geranglys 3de in S.A. 7 005 741 |
BBP | 14,6% van S.A. BBP |
Amptelike tale[1] | Afrikaans (49,7%), Xhosa (24,7%), Engels (20,2%) |
Etniese groepe[1] | Bruin mense (48,8%), Swart mense (32,8%), Wit mense (15,7%), Asiate (1,0%) |
Hoofstad | Kaapstad |
Ander belangrike nedersettings | Genadendal, Hermanus, George, Knysna, Stellenbosch, die Paarl, Wellington, Worcester, Robertson, Swellendam, Oudtshoorn, Saldanha, Vredenburg, Malmesbury, Somerset-Wes |
Premier | Alan Winde (DA) |
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/8/8f/Cape_Town_N2.jpg/640px-Cape_Town_N2.jpg)
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/c/c5/Constantia_vineyards.jpg/640px-Constantia_vineyards.jpg)
Kaapstad is ook Suid-Afrika se moederstad en wetgewende hoofstad en huisves die imposante Parlementsgebou. Die Kaapstad-hawe (vroeër Tafelbaaihawe) is die naasbesigste hawe in die land (ná die Durban-hawe).
Ander belangrike plekke is onder meer Stellenbosch, die Paarl, Beaufort-Wes, George, Knysna, Oudtshoorn, Saldanha, Vredenburg, Worcester, Malmesbury, Mosselbaai en Vredendal.