![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/1/19/Bauhaus_Chair_Breuer.png/640px-Bauhaus_Chair_Breuer.png&w=640&q=50)
Wassily stoel
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Wassily stoel, ook bekend as die Model B3-stoel, is in 1925-1926 deur Marcel Breuer ontwerp. Breuer was tydens hierdie tydperk die hoof van die kabinetswerkswinkel by die Bauhaus, in Dessau, Duitsland.
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/1/19/Bauhaus_Chair_Breuer.png/640px-Bauhaus_Chair_Breuer.png)
Ondanks wat algemeen geglo word, is die stoel nie spesifiek vir die kunstenaar Wassily Kandinsky, ontwerp nie. Kandinsky, 'n skilder in abstrakte werke en ekspressionisme, was wel op hierdie stadium ook aan die Bauhausfakulteit verbonde, en het die voltooide ontwerp bewonder. Breuer het daarop 'n duplikaat vir Kandinsky se tuiste gemaak. Die stoel het eers dekades later as "Wassily" bekend geword, toe die Italiaanse vervaardiger Gavina, die stoel weer vrygestel het. Hulle het die stoel só genoem nadat hulle, tydens hulle navorsing oor die oorsprong van die stoel, van die staaltjie van Kandinsky se konneksie met die stoel verneem het.