Vulkaankeël
From Wikipedia, the free encyclopedia
Vulkaankeëls is een van die eenvoudigste vulkaniese landvorme. Hulle word opgebou deur ejekta vanuit 'n vulkaanopening. Die ejekta pak om die opening saam in die vorm van 'n keël met 'n sentrale krater. Daar is verskillende soorte vulkaankeëls, na gelang van die aard en grootte van die fragmente wat tydens die uitbarsting uitgewerp word. Soorte sluit in stratokeëls, spatselkeëls, tufkeëls (askeëls) en sintelkeëls.[1][2]