From Wikipedia, the free encyclopedia
In skaak is 'n vryepion 'n pion met geen vyandelike pionne wat dit kan verhoed om tot by die agtste ry te vorder nie. Met ander woorde, daar is geen pionne van die teenstander voor die pion in dieselfde gelid of in die aanliggende geledere nie. Vryepionne kan 'n voordeel bied aangesien ander stukke dan gebruik moet word om dit daarvan te verhoed om te promoveer.
In die diagram na regs is die wit pionne op b5, c4 en e5 vryepionne. Swart se pion op d4 is ook 'n vryepion. As swart fxg4 speel, sal swart ook 'n vryepion hê op g4, terwyl wit 'n vryepion op f4 sal hê.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.