Vredeskerk (Potsdam)
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Evangelies-Lutherse Vredeskerk (Duits: Friedenskirche) in die kasteeltuin van Sanssouci in Potsdam (deelstaat Brandenburg, Duitsland) is in die sogenaamde Marly-tuin by die Groen Hek geleë. Die kerk is volgens planne van die hofargitek Ludwig Persius na aanleiding van die Pruisiese koning Friedrich Wilhelm IV se voorstel opgerig. Die koning, wat as 'n hoogs begaafde kunstenaar bekend gestaan het, was ook aktief by die boubedrywighede betrokke. Die gebouekompleks is deur Noord-Italiaanse kloosterargitektuur geïnspireer.
Vredeskerk | ||
Die Vredeskerk in Potsdam | ||
Denominasie | Evangeliese Kerk in Duitsland | |
Adres | Am Grünen Gitter 3, Potsdam |
Ná Persius se ontydige afsterwe in 1845 het die argitek Friedrich August Stüler die opdrag gekry om met die bouprojek, wat onder die leiding van Ferdinand von Arnim en Ludwig Ferdinand Hesse gestaan het, voort te gaan. Drie jaar ná die hoeksteenlegging op 14 April 1845 is die sakrale gebou op 24 September 1848 ingewy. Die boubedrywighede by die bygeboue het egter tot in 1854 voortgeduur.