From Wikipedia, the free encyclopedia
Vologases V (Parties: 𐭅𐭋𐭂𐭔, Walagash) was van 191 tot 208 koning van konings van die Partiese Ryk. As koning van Armenië (van 180 tot 191) was hy bekend as Vologases II. Nie veel is uit dié tyd van Armenië bekend nie, behalwe dat hy sy seun Rev I in 189 op die Iberiese troon geplaas het.
Vologases V 𐭅𐭋𐭂𐭔 | |
---|---|
Koning van konings | |
'n Muntstuk van Vologases V. | |
Koning van die Partiese Ryk | |
Heerskappy | 191-208 |
Voorganger | Vologases IV |
Opvolger | Vologases VI |
Oorlede | 208 |
Dinastie | Arsakiede |
Vader | Vologases IV |
Religie | Zoroastrisme |
Vologases het in 191 sy pa, Vologases IV, as koning van Partië opgevolg. Dit is onseker of die magsoorname vreedsaam was en of Vologases die troon in 'n burgeroorlog afgeneem het.[1] Toe Vologases V die Partiese troon bestyg, het hy sy seun Chosro I (bewind: 191-217) op die Armeense troon geplaas.[2][3]
Vologases se bewind is gekenmerk deur oorlog met die Romeinse Ryk wat van 195 tot 202 geduur het en daartoe gelei het dat die Partiese hoofstad, Ktesifon, vir 'n kort ruk ingeneem is en die Romeinse heerskappy in Armenië en Noord-Mesopotamië hervestig is.[4] Terselfdertyd het interne konflik in die Partiese Ryk voorgekom, met die plaaslike Persiese prins Pabag wat beslag gelê het op Istakhr, die hoofstad van die suidelike Irannese streek Persis.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.