Volapük
From Wikipedia, the free encyclopedia
Volapük is 'n kunsmatige taal wat in 1880 deur Johann Martin Schleyer geskep is. Schleyer was 'n Katolieke priester vanaf Duitsland. Hy het gevoel dat God vir hom in 'n droom aangesê het om 'n internasionale taal te skep. Volapük-konvensies vind in 1884, 1887 en 1889 plaas. Die doel hiervan was om mense uit verskillende kulture te help om met mekaar praat.
Kitsfeite Taalkodes ...
Volapük | ||
---|---|---|
Gepraat in: | ||
Gebied: | ||
Totale sprekers: | 20 | |
Taalfamilie: | Indo-Europees Kunsmatige taal Volapük | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | vo | |
ISO 639-2: | vol | |
ISO 639-3: | vol | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Sluit
Volapük se gewildheid het vanaf 1887, nadat Esperanto gepubliseer is, afgeneem. Een van die redes hiervoor was omdat dit makliker was om Esperanto aan te leer. Vandag is daar slegs 25-30 Volapük-sprekers in die wêreld oor.
Die woordeskat van Volapuk is meestal Engels, met 'n paar Duitse en Franse woorde.
"Vol" en "pük" is afgelei van die Engelse woorde "wêreld" en "spraak".