Voëlkyk
From Wikipedia, the free encyclopedia
Voëlkyk kan beskryf word as die bestudering of waarneming van voëls met die blote oog of met behulp van toerusting, gewoonlik 'n verkyker.
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/d/da/Birders_at_Caerlaverock.jpg/640px-Birders_at_Caerlaverock.jpg)
Voëlkyk kan beoefen word as informele stokperdjie wat bloot vir ontspanning gedoen word, of voëlkykers kan ook meer formeel deelneem aan 'n groot aantal projekte wat onderneem word om inligting oor voëls, hulle verspreiding en gewoontes, hulle habitatte en die bewaring van voëlspesies en hulle omgewing kan insluit. Die Eenheid vir Dieredemografie (ADU) aan die Universiteit van Kaapstad is in Suid-Afrika 'n leier op die gebied van voëlprojekte waarby "burgerlike wetenskaplikes" betrokke is om inligting in te samel.