From Wikipedia, the free encyclopedia
Die vlagswerwer (Valenciennea strigata) is 'n dikkop wat wydverspreid voorkom in die Stille Oseaan en die Indiese Oseaan; meer spesifiek aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die suide van KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as pennant glider.
Vlagswerwer | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Valenciennea |
Spesie: | V. strigata |
Binomiale naam | |
Valenciennea strigata (Broussonet, 1782) | |
Sinonieme | |
|
Die vissie word tot 18 cm lank. Die vis se lyf is liggrys. Daar is 'n kenmerkende blou streep met 'n donker rand onder die oë en blou kolletjies of bande op die onderkant van die wang. Die onderste helfte van die kop is geel en die eerste dorsale vin het verlengde stekels.
Hulle leef in aflandige koraal- en rotsriwwe in water wat 10 tot 25 m diep is. Hier verkies hulle sanderige bodems naby rommel op die rand van die riwwe. Hulle word gewoonlik gesien as pare saam waar hulle oor hul nes hang. Hulle grawe in die sand en sif dit deur hulle kieue om klein ongewerweldes te vreet. Hulle gaan vinnig in hulle neste in sodra hulle bedreig voel. Die spesie kom algemeen voor.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.