Vlag van die Amerikaanse Maagde-eilande
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die nasionale vlag van die Amerikaanse Maagde-eilande is op 17 Mei 1921 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n goue arend met ’n skild voor sy bors, ’n olyftak in sy regterklou, drie pyle in sy linkerklou en die letters V (vlagpaalkant) en I (wapperkant), alles op ’n wit agtergrond. Die arend kyk in die rigting van die vlagpaal en die kleure van die Amerikaanse vlag word vertoon in die skild voor die arend se bors.
Kitsfeite Verhouding, Goedgekeur ...
Verhouding | 2:3 |
---|---|
Goedgekeur | 17 Mei 1921 |
Ontwerp | ’n Goue arend met ’n skild voor sy bors, ’n olyftak in sy regterklou, drie pyle in sy linkerklou en die letters V (vlagpaalkant) en I (wapperkant), alles op ’n wit agtergrond. |
Sluit