From Wikipedia, the free encyclopedia
Die vinwalvisse (Balaenopteridae) is die grootste groep baardwalvisse, met nege spesies in twee genera, Balaenoptera en Megaptera. Vinwalvisse kom in al die wêreld se oseane voor.
Vinwalvisse | |
---|---|
Die bultrugwalvis, Megaptera novaeangliae | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Suborde: | |
Familie: | Balaenopteridae Gray, 1864 |
Genera | |
Sommige lede van die groep behoort tot die grootste diere wat ooit bestaan het: die blouwalvis, wat tot 150 ton kan weeg, word as die grootste dier ooit beskou. Twee ander spesies skuif ook met gemak verby die 50 ton-merk en selfs die kleinste walvis in die groep, die Noordelike minkewalvis, weeg tot 9 ton.
Vinwalvisse het hulle naam te danke aan die klein, dog opvallende rugvin, wat agter op die rug aangetref word. Van die ken tot die naeltjie loop groewe (of ventrale plooi), wat tydens die vangs van plankton uitsit.
Wyfies is ietwat groter as mannetjies en die vis se kop beslaan by baie soorte ongeveer 'n kwart van die totale liggaamslengte. Bo-kant die kop is 'n dubbel spuitgat.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.