'n Verdampingsverkoeler is 'n toestel wat lug afkoel deur die verdamping van water. Verdampingsverkoelingstelsels verskil van tipiese lugversorgingstelsels wat van gas-kompressie en uitsetting siklusse gebruik maak in die vorm van 'n hittepomp. Verdampingsverkoelers geniet onlangs meer aandag omrede dit aansienlik minder elektrisiteit as 'n tradisionele lugversorgingstelsel benodig om dieselfde verkoeling te bied.
Werking
Verdampingsverkoelers gebruik die beginsel van verdampingswarmte om water as 'n vloeistof te verdamp en deur die fase verandering, van die vloeistof na gas, energie te absorbeer vanaf die lug. Deurdat energie vanaf die lug geabsorbeer word deur die water, koel die lug af. Dit word dan in 'n vertrek in 'n gebou in geblaas deur pype om sodoende die gebou te verkoel.
Vergelyking met lugreëling
Daar is beide voordele en nadele as verdampingsverkoelers met hittepomp lugreëlings vergelyk word:
Verdampingsverkoeler | Hittepomplugreëling | |
---|---|---|
Nadele |
|
|
Voordele |
|
|
Wikiwand in your browser!
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.