Van Stadensrivierbrug
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Van Stadensrivierbrug is die tweede oudste van die boogbrûe op die N2. Die brug span oor die Van Stadensrivier in die Oos-Kaap, Suid-Afrika. Die brug is tussen Jeffreysbaai en Port Elizabeth. Die brug is 350 m lank en 125 m hoog terwyl die pad oor die brug vier bane het. Die brug is in 1971 geopen. Die indiensstelling van die brug het verseker dat die ou Van Stadensrivierpas in onbruik raak en die pas het vandag hoofsaaklik toerismewaarde.