From Wikipedia, the free encyclopedia
Valles Marineris is 'n enorme kloofstelsel op Mars. Dit is in 1971 deur die Amerikaanse ruimtesonde Mariner 9 ontdek en ook na dié tuig vernoem: "Valles Marineris" is Latyn vir "Mariner-vallei". Die kloofstelsel is by Mars se ewenaar geleë, net oos van die Tharsis-streek. Valles Marineris is meer as 4000 km lank, 200 km wyd en tot 7 km diep, wat dit die grootste diepkloof in die sonnestelsel maak.
Valles Marineris | ||||
Valles Marineris vorm 'n groot litteken op Mars se oppervlak. | ||||
Soort | Kloofstelsel | |||
Ligging | Mars, oos van die Tharsis-streek | |||
Lengte | 4 000 km | |||
Breedte | 200 km | |||
Diepte | 7 km | |||
|
Die stelsel strek oor byna 'n kwart van die planeet se oppervlakte en meeste wetenskaplikes is dit eens dat dit 'n groot tektoniese bars in die kors van Mars is. Hierdie bars het moontlik gevorm soos die planeet afgekoel het en is beïnvloed deur die stygende kors in die Tharsis-streek na die weste en daarna wyer gemaak deur erosie. Daar is egter ook kanale naby die oostelike kante wat lyk of hulle deur water of koolstofdioksied gevorm is.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.