Valencia, Spanje
Derde grootste stad in Spanje / From Wikipedia, the free encyclopedia
Valencia (Spaans: [baˈlenθja]) of València (Katalaans/Valensiaans: [vaˈlensia]) is die derde grootste stad in Spanje ná Madrid en Barcelona. Valencia is ook 'n hawestad aan die ooskus van Spanje en is aan die Middellandse See geleë. Valencia is die hoofstad van die Outonome Gemeenskap van Valencia en die provinsie van Valencia. Die bevolking van die stad van Valencia staan volgens 'n skatting van 2021 op 789 744 inwoners. Die burgemeester van Valencia is Joan Ribó.
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Spanje |
Administratiewe gewes | Valencia |
Provinsie | Valencia |
Koördinate | 39°28′N 0°22′W |
Stigting | 138 v.C. |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 134,65 vk km |
Hoogte bo seevlak | 15 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2021) | 789 744 |
- Bevolkingsdigtheid | 5 865,16/vk km |
Tydsone | UTC +1 (MET) |
- Somertyd | UTC +2 (MEST) |
Burgemeester | Joan Ribó (Compromís) |
Amptelike webwerf | valencia.es |
Valencia het 'n Mediterreense klimaat met warm droë somers en matige winters.