![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/8/8e/V%25C3%25A4ster%25C3%25A5s_collage.jpg/640px-V%25C3%25A4ster%25C3%25A5s_collage.jpg&w=640&q=50)
Västerås
From Wikipedia, the free encyclopedia
Västerås (Sweeds: [vɛstɛrˈoːs], luister (hulp·inligting)) is 'n stad in Sentraal-Swede met 'n oppervlakte van 1 137,82 vierkante kilometer en 'n bevolking van 159 662 (2023). Västerås dien as die administratiewe hoofstad van die gelyknamige munisipaliteit (Sweeds: kommun).
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/9/9e/3000%27_ovanf%C3%B6r_V%C3%A4ster%C3%A5s.jpg/640px-3000%27_ovanf%C3%B6r_V%C3%A4ster%C3%A5s.jpg)
Kaart | Wapen |
![]() | |
![]() | |
Vlag | |
![]() | |
Land | ![]() |
Landskap | ![]() |
Län | ![]() |
Koördinate | 59.617319°N 16.542157°O / 59.617319; 16.542157 |
Stigting | 990 |
Oppervlakte: | |
- Totaal (kommun) | 1 137,82 vk km[1] |
Hoogte bo seevlak | 17 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2023) | 159 662[2] |
- Bevolkingsdigtheid (kommun) | 140,3/vk km |
Tydsone | UTC +1 (MET) |
- Somertyd | UTC +2 (MEST) |
Klimaat | |
- Tipe | Gematigde klimaat |
- Gemiddelde jaarlikse temperatuur | 7,2 °C |
- Gem. temp. Januarie/Julie | −2,8 / 18,4 °C |
- Gemiddelde jaarlikse neerslae | 608,8 mm |
Amptelike webwerf | vasteras.se |
Västerås lê sowat 100 km wes van Stockholm langs die Mälarmeer, Swede se derde grootste meer. Dit is een van die oudste stede in Swede en Noord-Europa. Reeds die Wikings het hulle in die gebied gevestig. Die stadsnaam is ontleen aan Västra Aros (Wes-Aros) wat na die Svartån-rivier se monding in die Mälaren verwys.[3]
Västerås was een van die gasheerstede tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1958.