Usakos
From Wikipedia, the free encyclopedia
From Wikipedia, the free encyclopedia
Usakos is 'n dorp in Namibië, 30 km wes van Karibib en 150 km noordoos van Swakopmund. Dit het ontwikkel uit spoorwegwerkswinkels en die werkswinkels van 'n kopermynmaatskappy.
Die naam Usakos kom uit Nama en beteken waarskynlik “die plek wat die hakskeen gryp”, wat verwys na die taai, geel klei by die plaaslike fontein.
Usakos is onder die Duitse bewind gestig as ‘n administratiewe sentrum vir die OTAVI spoorweg, wat van die myne in Tsumeb na die Atlantiese kus gestrek het. Usakos was voor kolonialisme waarskynlik bekend as ‘n oorstopplek omdat daar ‘n natuurlike watergat was.
Vanaf 1927 is Usakos deur 'n dorpsbestuursraad geadministreer totdat munisipale status in 1948 toegeken is.
Tot die middel 1960s was Usakos ‘n administratiewe sentrum vir die spoorlyn – eers die OTAVI-spoorweg en daarna die Suid-Afrikaanse Spoorweë en Hawens (SAS&H). ‘n Groot deel van Usakos se bevolking was dus spoorwegwerkers en hul families.
In die middel die 1960s is Usakos radikaal verander deur gedwonge verskuiwings. Tot in die sewentiger jare is die sogenaamde Ou Lokasie stuk vir stuk vernietig en mense wat as swart of kleurling gekategoriseer was moes na die nuwe lokasies - Hakaseb en Erongosig - verhuis.
Terselftyd het die sentrale administrasie van die SAS&H in die destydse Suidwes-Afrika (Namibië) van Usakos na Windhoek verskuif. Die laaste spoorlyne is almal omgeskakel na die Kaapse maatstandaard, sodat die sogenaamde ‘transhipping-area’ van Usakos, waar goedere en mense van die ou smalspoorlyn na die nuwe spoorlyne gewissel het, verouderd geword het. Hierdie veranderinge in Usakos se sosio-ekonomiese struktuur het die ekonomiese agteruitgang van die dorp begin, maar vandag is Usakos weereens bekend as ‘n belangrike plek om stil te hou op die snelweg van Windhoek na Swakopmund.
Die geskatte bevolking in 2006 was 10 077.
Usakos is die geboorteplek van Björn von Finckenstein, 'n voormalige burgemeester van Windhoek en van Theo-Ben Gurirab, die eerste Namibiese Minister van Buitelandse Sake en tussen 1999 en 2000 voorsitter van die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.