From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Universiteit van Lovanium was ‘n universiteit op die Kimwenza-plato net suid van Leopoldstad (nou Kinshasa) in die Belgies-Kongo (nou die Demokratiese Republiek van die Kongo). Op een tydstip van sy bestaan is dit beskryf as die beste universiteit in Afrika.
Universiteit van Lovanium | |
---|---|
Gebou van die voormalige Universiteit van Lovanium, nou die Universiteit van Kinshasa | |
Gestig: | 1954 |
Gesluit: | 1971 |
Tipe: | Publieke universiteit |
Ligging: | Kinshasa, Demokratiese Republiek van die Kongo |
Kritiek dat België te min doen om die inheemse bevolking van die Kongo te ontwikkel, het in 1954 daartoe gelei dat die Katolieke Universiteit Leuven hierdie universiteit stig. Ruim subsidies deur die Belgiese regering en die Ford- en Rockefeller-stigtings in die VSA het dit moontlik gemaak. Die beheer van die inrigting was in die hande van die Jesuïete. Lovanium is die Latyn vir Leuven. In 1958 is die eerste kernreaktor in Afrika hier opgerig. Vroeg in die 1970’s het Lovanium met ander universiteite saamgesmelt om die Universiteit van Kinshasa te vorm.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.