Tsagan-Noer
From Wikipedia, the free encyclopedia
Tsagan-Noer (Russies: Цаган-Нур, Kalmikies: Цаһан Нур) is 'n dorpie in Oktjabr-rajon van Kalmikië, Rusland. Dit is die setel van die gelyknamige Tsagan-Noer Plaaslike Munisipaliteit wat nog drie kleiner nedersettings, Boschatsji, Lidzjin Choedoek en Tsjarlakta, insluit.
Kitsfeite Tsagan-Noer Цаган-Нур, Land ...
Tsagan-Noer Цаган-Нур | |
---|---|
Dorpie | |
Die ligging van Kalmikië in Rusland | |
Koördinate: 47°22′04″N 45°13′55″O | |
Land | Rusland |
Deelgebied | Kalmikië |
Rajon | Oktjabr |
Bevolking | |
• Totaal | 826 |
Tydsone | UTC+03:00 (MSK, Moskouse tyd) |
Poskode | 359463 |
Sluit
Die dorpie lê 55 kilometer suidwes van die rajon se setel, Bolsjoi Tsarin. Die letterlike betekenis van die dorpie se Kalmikiese naam is "wit meer" wat die ou naam van die nabygeleë Sarpameer is.