Trini Lopez (gebore Trinidad López III, Dallas (Texas), 15 Mei 1937 - Palm Springs (Kalifornië), 11 Augustus 2020) was 'n Amerikaanse sanger van Mexikaanse afkoms.

Thumb
Trini Lopez in 1963

Hy het in 1963 groot sukses gehad met die liedjie If I had a hamer. Dit het die topposisie in die treffersparade in vyf-en-twintig lande bereik. Die liedjie was op sy debuutalbum Trini Lopez Live by PJ's, wat vrygestel word deur Reprise Records, Frank Sinatra se platemaatskappy. La Bamba van dieselfde langspeler het ook 'n treffer geword. Lopez se latere treffers sluit in This land is your land, Kansas City en Adalita.

Lopez het ook met minder sukses as akteur gewerk. Sy eerste film was Marriage On The Rocks (1965), waarin hy saam met Sinatra en Dean Martin opgetree het. Die bekendste film waarin hy gespeel het, was The Dirty Dozen (1967).

Trini Lopez het tot op 'n hoë ouderdom opgetree. In 2005 neem hy deel aan 'n voordeelkonsert vir die slagoffers van die tsoenami in die Indiese Oseaan. In die somer van 2013 tree hy op in die konsertreeks van André Rieu in die Vrijthof in Maastricht.

Lopez is op 83-jarige ouderdom aan Covid-19-infeksie oorlede.[1]

Verwysings

Eksterne skakels

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.